Noem My Skollie (DVD)

R300.00

Item will be shipped on March 29, 2024

AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende, Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk), word groot op die Kaapse Vlakte – ’n armmoedige bendewêreld.

SKU: JUST_US-2-1-1-1-1-1-1-1-2-2-1-1-1-1-1-1-1-1-1-1 Categories: ,

kykNet

AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende, Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk), word groot op die Kaapse Vlakte – ’n armmoedige bendewêreld.
Afgesien van hulle omstandighede probeer die kinders die bendes vermy, maar wanneer AB ’n traumatiese voorval beleef, besluit hulle om ’n bende te stig om hulself te beskerm.
Die vier vriende, wat nou soos broers is, pleeg nie ernstige misdade nie, maar ten spyte daarvan hou die polisie hulle dop deur hul tienerjare en totdat hulle ’n groep gewilde jong mans word.
Die ouer AB (Dann-Jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) word gearresteer tydens ’n inbraak en tot twee jaar tronkstraf gevonnis.
AB besluit om sy talent vir storievertel te gebruik om die geharde misdadigers te vermaak en sy status te verhoog, terwyl Gimba ’n ander pad inslaan om sy veiligheid te waarborg.
Hy gaan voort met die verhouding met sy vriendin, Jenny (Tarryn Wyngaard), wanneer hy vrygelaat word en storieskryf word ’n manier om haar te beïndruk. Maar sy bendevriende oortuig hom om weer by hulle aan te sluit – ’n besluit wat skokkende gevolge vir hulle almal het.

Weight 0.5 kg

Enter your keyword